Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 232 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

15. So is dit ook met die boete gesteld: Vir ons het slegs die vrywillige boete, wat voortkom uit `n lewende geloof en uit ware liefde tot God en tot alle mense, waarde. Die wat afgedwing word uit vrees vir die hel, is totaal vrugteloos, al sou dit erger wees as alle pyne van die hel, wat julle, as God die Heer dit wil, spoedig te verduur sal kry.”

16. Deur hierdie weinig troosvolle woorde van Petrus word die oënskynlike kandidate vir die hel so bang, dat hulle almal neerval en slegs steunend die woorde: “O Jesus, Maria en Josef! Ge-na-de, ge-na-de!” kon uitbring.

Hoofstuk 232 Mobiele weergawe Kommentaar