Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 232 Van die Hel tot die Hemel, Boek 2

16. Deur hierdie weinig troosvolle woorde van Petrus word die oënskynlike kandidate vir die hel so bang, dat hulle almal neerval en slegs steunend die woorde: “O Jesus, Maria en Josef! Ge-na-de, ge-na-de!” kon uitbring.

17. Terwyl hulle dan verdoof op die grond lê, laat Ek die verskyningsvorm van die vlammende kloof verdwyn en in die plek daarvan `n groot beker wyn, benewens sewe van die allerbeste brode neersit. Daarby is `n skriftelike opdrag om hulle almal, sonder onderskeid, daarmee te verkwik en daarna hierdie kerk vir alle tye te verlaat, omdat haar aardse grootheid slegs daartoe dien om die hoogmoed van die priesters wat in haar diensdoen, steeds meer te vergroot. Wanneer hulle egter buite sal wees, sal daar iemand na hulle toe kom, wat hulle sal aangee wat hulle moet doen om aan die straf van die hel te ontkom.

18. Nadat alles gereël is, verwyder ons onsself van hierdie van angs halfdood neerlêende groep priesters en gaan na buite, ook die koster Johan, wat een van My liefde en wysheid vervulde broeders is.

Hoofstuk 232 Mobiele weergawe Kommentaar