Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Skriftekste

14. Wie `n goeie bouterrein en geskikte materiaal het, moet ook nie wag om met bou te begin voordat hy te veel boumateriaal opgehoop het nie, want dan sou die hele bouterrein uiteindelik vol lê.  

15. En as die argitek dan kom en hom vra: “Vriend waar wil jy die huis eintlik gebou hê?”, wat sal hy hom dan kan antwoord? Tog maar net: “Daar waar die groot hoop boumateriaal lê!” 

16. En die argitek sal aan hom sê: “Waarom het jy dan eers al daardie materiaal op die bouterrein laat ophoop, voordat ons `n plan opgestel en die grond uitgegrawe het. As jy die huis nou op hierdie plek wil hê, moet jy eers al daardie materiaal wegruim en die plek heeltemal skoon maak. Dan sal ek terugkom, alles opmeet, die bestek maak, daarna die grond laat uitgrawe en ten slotte ondersoek of die materiaal wel geskik is vir die bou van die huis. 

17. Kyk, uit hierdie gelykenis kan jy al vry duidelik opmaak dat iemand weinig nut het van die baie lees as hy daarby nie in die korrekte volgorde te werk gaan nie.  

18. Wat is hierdie korrekte volgorde nou egter? Mens moet heel eenvoudig elke nuwe lading of besending materiaal vir die bou van die huis dadelik rangskik en eers die volgende lading boumateriaal bestel as hy die eerste verwerk het. Op hierdie manier sal die bou vinnig vorder en sal daar steeds voldoende vrye ruimte wees om `n werkbare hoeveelheid nuwe boumateriaal ordelik te stoor. 

19. Kort en duidelik gesê, bestaan hierdie ordening eintlik daarin, dat elkeen dit wat gelees is, direk in praktyk moet bring en sy lewe daarvolgens inrig; sodoende sal hy ook baat daarby hê, anders sal dit hom maar net skaad, want mens moet nie net na die woord luister nie, maar ook daarvolgens handel. 

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar