Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Skriftekste

6. Wel, uit dié voorbeeld blyk duidelik, dat as iemand `n goeie akker besit en daarnaas oor baie en goeie saad beskik, hy nie suinig moet wees met die saai nie. Want wie ryklik saai, sal ook ryklik oes, maar wie suinig saai, sal suinig oes. En wat is nou daarvoor nodig? As die grond van die akker goed bewerk is, kan jy baie graan daarop saai en geen korrel sal in die goeie aarde verlore gaan nie, maar sal tot `n ryk aar uitgroei.  

7. Netso is dit met hierdie aangeleentheid, wat betref die geestelike saai van die woord, deur middel van die lees. 

8. Vir die bewerking van die geestelike bodem het die mens nie meer nodig as die twee gebooie van die liefde nie; hiermee kan hy sy geestelike akker maklik bewerk. As dit gebeur het, dan kan elkeen net soveel in hierdie akker saai as wat hy kan en wil; oftewel hy kan soveel goeie lektuur in hom opneem, as wat hy maar kan bemagtig - die hele Heilige Skrif en alle bybehorende toeligtings, en hy sal niks daarvan in hom opneem wat nie `n ryk oes vir hom sal oplewer nie.  

9. Want die verskil tussen onvrugbaar en vrugbaar lees bestaan hierin: 

10. As iemand hom byvoorbeeld slegs deur lees sou wil ontwikkel en opwek, dan lyk die werkwyse presies soos die van iemand wat sy saad op `n ongeploegde en onbemeste akker uitstrooi. Sou die voëls dan nie gou daarop neerstryk en die saad binne `n kort tydjie grotendeels oppik nie? En sal die gedeelte wat tussen die onkruid val, nie spoedig daardeur verstik word nie, sodat daar by die oes geen enkele graankorrel in die halms te herken is nie? 

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar