Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Skriftekste

12. Uit hierdie redenering kan jul e duidelik aflei welke effek die wind en die stortreëns uit die Bybel op ons wêreldse gebou op sand gehad het. Is so `n op sand geboude mens egter eenmaal verniel, dan mag diegene wat dit wil, hom weer saamraap: Ek en al My engele beskou so `n taak as één van die allermoeilikste, en dit is makliker om tienduisend mense uit alle steë en strate vir die groot gastemaal van die Lewe binne te bring, as één so `n mens wat met die lees van die Bybel, `n soort koeihandel dryf. 

13. Soos dit gaan met die lees van die Bybel, so is dit ook gesteld met die lees van verklarings van haar diepere geestelike betekenisse. Want elkeen sal sê: “As dit die betekenis is, waarom is dit dan nie so geskryf nie?” 

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar