Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Skriftekste

5. Kyk, so is dit nou ook gesteld met die mens wat deur die wette van die liefde opgewek is! Hy is `n gebou wat op `n rots staan. Die winde wat om die gebou waai en dit uitdroog en dorstig maak, is die edele verlange om die Skepper van alle dinge steeds meer en meer te leer ken om dan, dit wetende, in liefde tot Hom te kan groei. Die stromende stortreëns is die boekwerke wat die dorstige te lees kry. Begerig neem hy dit in homself op en merk daarna steeds hoe, deur hulle invloed, die nog leë, nie met mekaar verbonde klowe in hom, langsamerhand opgevul word en `n vaste geheel vorm. Hoe meer die stortreëns op die gebou neerval, des te stewiger word dit.  

6. Maar wat `n heel ander uitwerking het die wind en stortreën op die gebou wat daar benede op los sand gebou word. As die winde kom en daar teen daardie losstaande gebou waai en dit laat skud en as die water dan kom wat deur die stortreën teweeggebring word, beteken dit die einde van die gebou. Die winde blaas die mure, wat vanweë die slegte ondergrond al vol skeure en barste sit, onderstebo; die water trek die hele gebou maklik omver en spoel dit na een of ander nabygeleë stroom, waar dit volledig ten gronde gaan. 

7. Ek dink dat dit wel so duidelik is soos `n sentrale son! Iemand wat geen vae benul het van enige geestelike voorbereiding nie, moet wel ten gronde gaan as hy die geestelike winde en die geestelike stortreëns oor hom heen laat kom, omdat dit van hom `n stewige gebou oftewel `n standvastige, geestelik wyse man sal maak. 

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar