Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 4871

[HG 1.2.3] Die armes moet nie bedel voor die deure van die rykes nie, waar hulle die lot van vreemde honde sal ervaar en hulle hart in treur en bitterheid omskep word, - maar hulle moet net in vaste vertroue na My toe kom, en Ek sal hulle almal verkwik. Die wat honger is, wil Ek kos gee, die wat dors is, wil Ek iets gee om te drink, die wat naak is, beklee, die siekes gesond maak; die wat lam is, sal spring soos ‘n takbok, die melaatse sal gereinig word, die blindes siende, die dowes horende, en die swakkes wil Ek sterker maak as ‘n leeu; die angstige sal moediger word as ‘n manlike vul, en die oues sal rus vind. Die wat arm is, is My naaste broers; Ek sorg vir hulle. Daarom moet hy hom nie deur die honde laat ontheilig nie; want die rykes van die wêreld is broers van Satan en kinders van die duiwels uit die hel.

[HG 1.3.6] So onthou dit dan: Die liefde woon net in die Vader en heet die Seun. Wie dit versmaai, die’ sal met die magtige Godheid te doen kry en sal van sy vryheid vir ewig beroof word, en die dood sal sy aandeel wees; want die Godheid woon ook in die hel, maar die Vader woon net in die hemel. God oordeel alles volgens Sy mag; maar die genade en die ewige lewe is net in die Vader en heet die Seun. Die Godheid maak alles dood; maar die Seun of die liefde in My, het lewe, gee lewe en maak lewendig.

[HG 1.3.12] Sien, Ek wil hulle (dit beteken: jou vriende en broers) vir jou almal by die naam noem: H L V T S S A S S (die betekenis van hierdie tien letters word aan die einde hierdie band gegee). Hulle moet almal My Vaderlike uitnodiging ontvang en vandag nog, indien hulle wil, sal vir hulle die poorte van die hemel, wat die oë van hulle gees is, oopgemaak word en Ek wil vandag nog in hulle harte woon. Nog net een ding moet hulle met uithouvermoë doen, naamlik hulle moet hulle vlees uit die put, waarin daar lewendige water is, skoon was en hulle moet ‘n staaf neem, waarvan een die helfte swart en die ander helfte wit is; hulle moet dit in die helfte deurbreek, en die swart deel moet hulle vir die wêreld onder die voete gooi en die wit deel vir hulle self behou as teken, dat hulle met die wêreld en sy vlees vir altyd gebreek het.

[HG 1.3.14] Sê vir hulle nog daarby, dat hulle hulle tog nie in en aan die kerk moet stamp nie; want elke soort kos, wat Ek aanbeveel, reinig Ek vir diegene, wat dit in die gees en in waarheid wil geniet, en dan moet hy dit geniet sonder bekommernis. Wat Ek vir My kinders gee, dit is rein en word deur die uiterlike vorm nie vir diegene, vir wie Ek dit geseën het, ontheilig nie. Die tempel sal Ek seën, en die plek, waar hulle hulle ook al sal bevind, sal heilig wees; want Ek, hulle heilige Vader, sal in hul midde onder hulle, waar hulle ook sal heengaan, daar wees, en geen haar aan hulle sal beseer word nie.

[HG 1.5.1] Wie ore het wat kan hoor, die luister, en wie oë het wat kan sien, die kyk; want sien, Ek wil vir julle ‘n groot geheim onthul, sodat julle kan sien, hoe julle liefdevolste, heilige Vader ook van aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid in die groot huishouding van hulle Vader ingewy wees!

[HG 1.5.15] En die twee en die’ wat uit hulle ontstaan het, sowel as die sewe, wie se getal geregverdig was, was getrou aan hulle nederigheid gevind en was opgeneem in die kringe van die mag van God; en die Liefde het gesien, dat hulle as rein bevind was, en was bly oor hulle volmaaktheid. En sien, die krag van die Godheid in die Liefde het opgestyg, en die Godheid het beweeg, en die skepsels het die beweging van die Godheid waargeneem, en die Godheid het na Sy Liefde beweeg, en vir die skepsels is die oë oopgemaak, en hulle het vir die eerste keer die ewige Liefde gesien.

[HG 1.5.33] Maar dit onthou baie spesifiek: In die middel van die son rus die genadevonk en gee deur die toornvuur van die Godheid die lig vir die wêrelde. Maar in die middel van die aarde, is daar ‘n toornvonk van die grimmigheid van God soos ‘n vuurdraak en hou die bose bendes soos klippe gevange, wat eers deur die waters van die barmhartigheid sag moet word, indien een weer vir ‘n tweede toets van vryheid en ‘n ewige lewe ontbind moet word. En nou begryp die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige mag, hoe dikwels Sy al vir jou van nuuts af laat gebore het, om jou, wat verlore was, vir die ewige lewe, vir die vryheid, vir die wet, vir die liefde en die lig en vir die aanskouing van Haar aangesig weer terug te wen; en sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te erken, sodat julle tog uiteindelik sal wil insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, aangesien Sy onverpoos so baie dinge, so groot dinge, en so wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

[HG 1.5.35] En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer.

[HG 1.6.3] Nou trek jou oog af tot die wedergeboorte van die gees, en na die volk van God, en tot die wet van die Liefde, en tot die lewe van vryheid in die lig van genade uit die waters van die barmhartigheid, en die son sal onthul voor jou oë sweef, en geen vou daarin moet vir jou verborge bly nie!

[HG 1.6.12] Nou sien, hier het jy die sonne, aardes, mane, komete en die verskietende sterre volgens hul wese en volgens hul betekenis en so ook alles en elke enkele deel van die grootste tot die kleinste, voor jou onthul!

[HG 1.6.13] Die gees van die liefde en genade is in julle en is in alle wysheid. Wie hom hoor, die sal alles in die diepte van die dieptes verstaan; en hy sal die dooies verstaan, en hulle sal vir hom antwoord, en hy sal deur die lewendiges sien, en hulle liefde sal hom verkwik en hulle lig vir hom skyn; en hy sal sy oor op die aarde lê, en die gras sal vir hom die geheime van die liefde vertel, en die aarde sal sy dieptes aan hom onthul, en die berge sal vir sy stem luister, en die toon van sy spraak sal die murg van die aarde deurdring; en wanneer hy vir die see sal kyk, dan sal die strale van sy oë alle druppels daarvan verhelder en elke sandkorreltjie deurdring; en die geeste, wat nog as geoordeel daarin wag, sal na die lig van sy oë stroom, nes die visse en wurms van die see en die waters, wat tydens die nag na die lig van ‘n fakkel wat daaroor gehou word, sal stroom, en sal vir hulle vir die verlossing uit die kerker van die ewige nag laat vang en sal die liefde herken en sal hulle dors uit die waters van barmhartigheid les en hulle sal opgroei tot swakheid, tot ondersteuning en tot krag uit die liefde van die Vader en die woord, wat daar die liefde in die Vader is, en die Gees, wat die krag is in beide.

[HG 1.8.1] En sien, toe het die ewige Liefde Haar aangesig verberg, en het volgens die getal van orde vir ‘n bepaalde tyd weggegaan en was uit die diepte van barmhartigheid blind en wou en kon nie weet, wat die nuwe skepsels in die oordeel van die Godheid deur die Liefde van barmhartigheid vir die proef van hulle vryheid gedurende die kort tyd op aarde, sou doen nie. En die plek, wat aan hulle as woning op die vaste land gegee was, was ‘n vallei en was ‘n tuin en was die Paradys genoem; en dit was die land, wat later van melk en heuning oorgeloop het, en was tydens die groot tyd van tye die plek van die grootste daad van die ewige Liefde en het Bethlehem geheet en sal vir ewig so heet, en was die punt, waar die ewige woord, vir die eerste keer in die vlees, liggaamlik die lig van Sy genade, die druppel van barmhartigheid wat deur die wye son, die maan en al die sterre, uitgestraal word, aanskou het.

[HG 1.8.5] “Eva, Eva, wat doen jy? Sien, ons is nog nie deur die Here van mag en krag en die lewe geseën nie! Sien, jy hou die vrug van die dood in jou hand; gooi dit weg van jou, sodat ons nie in naaktheid voor die Here van geregtigheid moet sterf nie!”

[HG 1.8.12] En nou sien, soos wat hy homself so herken het en die verblinde Eva deur hom, het daar uit die diepte van sy hart ‘n groot berou in hom opgekom, en Eva het vir haar naaktheid en die naaktheid van Adam skaam gekry en was van kroon tot voetsole verleë en het haar naaktheid met blare van ‘n vyeboom bedek. En ook Adam het sy hande na blare gerek, om sy kaalheid te bedek en het homself in ‘n grot verberg en het daar trane van groot smart gehuil; en Eva het agter ‘n doringbos weggekruip en het diep oor haar skuld van verleiding getreur.

[HG 1.9.2] En die trane van Adam - was in die skoot van die aarde bewaar - en was genoem en word genoem ‘Thummim’ of stene, waaruit die lig van die sewe Geeste van God figuurlik straal, en het deur die lig van genade uit die warmte van die Liefde geset, nes sy regverdige berou as blywende teken van die toekomstige wedergeboorte, soos dit volgens hierdie trane van Adam moet wees, geskik vir die opname en gedeelde mooiste weerkaatsing van die groot lig uit die genademeer van barmhartigheid van die ewige Liefde en moet die volle hardheid van versoekinge van die wêreld kan weerstaan.

[HG 1.9.25] “Sien, Jou groot barmhartigheid het in My na bo gekom en staan voor My alsiende oë, en Ek het in die rus van My heiligheid Jou groot opregtheid en ewige trou erken en het die druppels van berou van Adam en die druppels van treur van Eva getel en het deur Jou groot barmhartigheid deur en deur jammer geword.

[HG 1.9.28] Maar tot dan moet hulle in alle geduld en sagmoedigheid uithou, en die brood, wat Ek vir hulle gedurende daardie tyd net spaarsaam sal gee, dankbaar in die sweet van hulle aangesig geniet en sal nie tot die tyd van die bemiddelaar, wat Ek uit hulle midde volmaak en goed, soos Ons volmaak en goed en heilig is vir ewig, sal opwek, versadig word nie.

[HG 1.11.19] “Adam! Jy het nou gedurende die ver reise op aarde baie geleer; die vaste lande en die waters het jy gesien, en ook wat daarop en daarin is, groei en beweeg; en het van die groot mammoet tot alle diere verder onder toe tot die kleinste van die kruipende wurmpies, gesien; en het die sterk haai en al die diere van die waters tot die inwoners van ‘n druppel gesien; en het ook al die voëls van die lug, vanaf die reusagtige arend tot by die kleinste blaarvoëltjie en van daar tot die kleinste muggie gesien; en jy het al hulle kragte, nuttigheid en geskiktheid getoets; en het ook daaruit herken, hoe die ewige Liefde in oorvloed vir jou en deur jou ook vir Eva gesorg het.

[HG 1.11.20] Jy het met die berge gepraat, en hulle het vir jou geantwoord; en jy het die see gevra, en dit het vir jou geantwoord; en jy het jou stem na die diepte van die aarde gerig, en die antwoord het nie onderweë gebly nie, en jy het die toon van jou stem aan al die bome, struike, kruie en aan al die gras gerig, en hulle het vir jou hul name genoem en het met eerbied hulle geskiktheid aan jou verduidelik en daaruit die nuttigheid vir julle na willekeur; en so ook het al die diere, met wie jy met die stem van jou bors gepraat het, elkeen in sy soort ‘n hoorbare en volle antwoord vir jou gegee en vir jou aangedui, hoe hulle vir jou diens bestem is en blindelings aan jou wil onderdanig is; en die winde het vir jou geleer, hoe om vir hulle volgens jou wil te gebruik; en dit alles het ook Eva gesien, gehoor en gewaar.

[HG 1.11.25] Dit onthou baie goed, jy Adam, en dink daaroor, ook jy Eva! Die vrug, wat uit jou sal voortgaan, Eva, daardie lewendige vrug moet jy, Adam, ‘Ahbel’ (Abel) noem en moet hom vir die Here van ewige heerlikheid offer; want sy naam beteken, ‘Seun van seën’ en moet wees die eerste voorbeeld van Hom, wat eendag in die groot tye van die tye in volmaaktheid van bo uit die skoot van mag en krag van die heiligheid van God sal kom.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar